Liewe Louis-Philip, Ouma is so trots op jou, want jou kunswerk is baie mooi!
Ek Hou van die kleure wat jy gebruik het, hoor! Hou so aan!! Met baie, baie liefde van Ouma Francis
Posted 11 days ago by Ouma Francis (fan)
Genugtig maar die is indrukwekkend!! maar jy sal bietjie moet verduidelik wat jy gebou het!!
ek dink wanneer julle hier kuier dan moet ons na die fotos kyk dan vertel jy vir my
Posted 12 days ago by Ouma Trienie (fan)
Wow Louis Philip dit lyk vreeslik interessant!! hoe kry jy dit reg om so in die rondte te bou?/Regte bouer lyk my is jy!
Posted 12 days ago by Ouma Trienie (fan)
Liefste Louis-Philip!! Wat 'n mooi 3D kunswerk! Jy het dit so mooi gebou - al die verskillende vorms en die drade aan die kante! Sjoe, jy is so 'n wonderlike kunstenaar! Ek sou graag wil hoor wat die kunswerk se naam is. Ons mis jou baie en is soooooo lief vir jou en Samuel! XXXXX
Posted 1 month ago by Anina (fan)
Ahhhhhh ouma se kind!!! Jy het baie mooi gewerk Louis Philip!!
Posted 1 month ago by Ouma Trienie (fan)
Dit is net die mooiste sakkie!!! Jou kleure is baie mooi en Ouma is sooooo trots op jou! Hou so aan want jy word Elke Keer net beter. Ek is baie lief Vir jou.
Posted 2 months ago by Ouma Francis (fan)
Wow Louis Philip, hierdie lyk so cool!!! Hoe het jy dit gemaak? moes jy 'n naald gebruik of is dit nie deur die gaatjies nie. ek hou ook van hoe oulik jy al jou naam kan skryf, julle het sulke mooi name!!
Posted 2 months ago by Ouma Trienie (fan)
Baie interessante kunswerk met die blokke en die mooi kleure in die agtergrond. Mooi kleure wat jy gebruik het met die blou sirkel in die middel en die oranje raam. Ons eie klein Picasso!! Dankie dat jy ons kewens mooi maak met jou kunswerke liefste Louis-Philip.
Posted 3 months ago by Anina (fan)
Wat 'n pragtige werk! Beslis een van my gunstelinge - so slim gebruik van kleur! Sjoe, Louis-Phillip - jy skep die mooiste kunswerke! Baie liefde en 1000 soene Nini
Posted 4 months ago by Anina (fan)
Baie mooi, Louis-Philip!! Ouma Hou baie van Al jou mooi kleure en jou blokkies wat so mooi reguit geplak is! Ek is so trots op jou!
Posted 4 months ago by Ouma Francis (fan)
Halloooo!!! Hierdie is verseker 'n kwilt!!!!
Posted 5 months ago by Ouma Trienie (fan)
Louis Philip hierdie laat my aan soveel dinge dink!! Dit lyk vir my soos wat Picasso (vra vir mamma en pappa wie dit is) vir Peanuts sou teken!! En dit lyk ook vir my soos die strand by Juan hulle , die rotspoele met die strand en die mooi ronde klippe wat daarin beland. dit is baie mooi!! ouma Trienie
Posted 5 months ago by Ouma Trienie (fan)
Liefste Louis-Philip! Sjoe! Hierdie kunswerk is my gunsteling! Jou kleure is amazing! En die ronde vorms en sagte lyne! En die agtergrond met die skakering in geel en pers! Liewe land dis lekker om sulke mooi kuns te sien! Pragtig!! Lief jou, Nini xxxx
Posted 6 months ago by Anina (fan)
Sjoe Louis-Philip! Dis mooi! Kyk net hoe mooi speel jy met jou breë swart lyne en die mooi primêre kleure...en die verskilende blokke!! Wow!! Regtig so mooi, engel -kind!
Posted 6 months ago by Anina (fan)
ongelooflik treffend Louis Philip!! Wow wat noem jy hierdie een. daardie lyne rondom die figuur maak jou hele werk lewendig!! ouma love dit!!
Posted 6 months ago by Ouma Trienie (fan)
Oe, dis so mooi!! Kyk sy groot oë!! Mooiste kleure rondom die mannetjie. Lief jou so baie Louis-Philip!